GAUTENG. – ’n Verdagte is in die vroeë oggendure in Raceview, in Alberton, aangekeer nadat ’n klagte ontvang is oor ’n verdagte persoon wat glo onregmatig in ’n erf was en die inwoner deur ’n venster dopgehou het.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van CPS Security het reaksie-eenhede hulle onmiddellik na die perseel gehaas. Die verdagte is in die erf aangekeer voordat enige skade aangerig kon word. Die toneel is deur die polisie oorgeneem.
CPS Security sê die vinnige reaksie en samewerking tussen rolspelers het tot die suksesvolle inhegtenisneming gelei.





