AfriForum gaan regstappe neem teen Inligtingsreguleerder oor matriekuitslae

Lees ook :

AfriForum gaan regstappe neem teen Inligtingsreguleerder oor matriekuitslae fotokrediet: Canva

Lees ook: IR beboet departement van onderwys R5 m. oor matriekuitslae

AfriForum is van plan om regstappe teen die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika te neem as dit voortgaan met ’n dringende hofaansoek om die plasing van die 2024-matriekuitslae in die media te keer.

Die Inligtingsreguleerder het die hof genader vir ’n bevel teen die departement van basiese onderwys om te keer dat die matriekuitslae in die koerante bekend gemaak word. Volgens die reguleerder is die plasing van die uitslae ’n oortreding van die Popi-wet. Die reguleerder het die departement R5 miljoen beboet omdat dit volgens die reguleerder ‘n afdwingingsbevel oor die matriekuitslae verontagsaam het.

Die departement van onderwys het gesê dit gaan steeds voortgaan met die plasing van die matriekuitslae in die media. Volgens die departement plaas dit nie die name van die leerlinge nie, dus word aan die Popi-wet voldoen.

Die Inligtingsreguleerder se aansoek sal op 7 Januarie in die hof aangehoor word voor die uitslae geplaas word. AfriForum het gesê as die Inligtingsreguleerder voortgaan met die saak, wil dit by die saak teen die onderwysdepartement gevoeg word.

Bronne: IOL, IT Web, SABC

Lees ook: IR beboet departement van onderwys R5 m. oor matriekuitslae

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief