AfriForum nader hof oor Eskom en minister se ‘oneerlikheid’

Lees ook :

(Fotokrediet: AfriForum)
(Fotokrediet: AfriForum)

AfriForum gaan ’n hersieningsaansoek bring teen die nasionale tesourie se besluit om vrystelling aan Eskom toe te staan in terme van “onreëlmatige spandering en wanbesteding” by dié staatsentiteit.

Dit volg nadat die minister van finansies, Enoch Godongwana, in die Staatskoerant aangekondig het dat Eskom voortaan hierdie vrystelling van die Openbare Finansiële Bestuurswet en die regulasies van die tesourie sal geniet. Hierdie vrystelling sal beteken dat Eskom nie verslag hoef te doen oor enige onreëlmatige spandering en wanbesteding vir die 2022/23, 2023/24 en 2024/25 finansiële jare nie, en dat daar dus geen aanspreeklikheid vir finansiële bestuur by Eskom sal wees gedurende hierdie tydperk nie.

Volgens Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir Plaaslikeregeringsake, is dit krities dat deursigtigheid in terme van finansiële bestuur by enige staatsinstelling seëvier, maar veral by Eskom weens die kragkrisis wat die land tans ervaar. Hierdie vrystelling sal die weg baan vir verdere korrupsie op ’n uiterse groot skaal by ’n instelling wat alreeds gebuk gaan onder die nagevolge daarvan soos byvoorbeeld die swak instandhouding en herstelwerk van infrastruktuur. Daar is verder geen kans vir die verbetering van Eskom se kragopwekkingsvermoë indien daar nie deursigtigheid en aanspreeklikheid is nie.

AfriForum sal nie toelaat dat die regering voortgaan met hierdie ongrondwetlike en onderduimse praktyke wat die land se kragopwekkingsvermoë en ekonomie nog verder aan bande sal lê nie.

“Ons is besig om met ons regspan te konsulteer om ’n hersieningsaansoek te bring sodat hierdie besluit van die nasionale tesourie tersyde gestel word. Hierdie poging van die minister wys weereens dat die oplossing vir Suid-Afrika se kragkrisis nie by die regering lê nie, maar by private instellings en gemeenskapsorganisasies se vermoë. Die enigste manier waarop die situasie sal verbeter, is as betroubare, onafhanklike organisasies waar deursigtigheid en goeie finansiële bestuur seëvier, grootmaat krag tot die netwerk bydra,” sluit Mostert af.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief