AfriForum sê verbod op kosverkope by skole is ‘te drasties’

Lees ook :

AfriForum sê verbod op kosverkope by skole is 'te drasties’
AfriForum sê verbod op kosverkope by skole is 'te drasties’ fotokrediet: Canva

Lees ook: Vrystaat en Gauteng verbied verkoop van kos in of naby skole

AfriForum het in ’n verklaring gesê dit is bekommerd oor die Gautengse departement van onderwys se algehele verbod op kosverkope by skole.

Die verkoop van kos by skole in Gauteng en die Vrystaat is afsonderlik verban na gevalle van moontlike voedselvergiftiging voorgekom het.

AfriForum het gesê dit is bekommerd oor die gevalle en dat stappe gedoen moet word om dit te voorkom, maar dat die verbod op kosverkope “te drasties is”. Volgens AfriForum kan die verbod op alle kosverkope by skole leerlinge negatief raak of aan die groter gevaar van nie-goedgekeurde kosverkopers buite die skoolgrond blootstel.

AfriForum het versoek die Gautengse departement van onderwys moet verkopers wat aan die vereistes en gesondheidsregulasies voldoen, toelaat om kos by skole te verkoop. Verder word die departement gevra om saam te werk met munisipaliteite en die gesondheidsdepartement om te verseker gesondheidsinspekteurs besoek kosverkopers in die omgewing van skole om te bepaal of hulle aan die nodige vereistes voldoen.

Bronne: AfriForum

Lees ook: Vrystaat en Gauteng verbied verkoop van kos in of naby skole

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief