AfriForum wen saak oor Eskom-ooreenkomste en kontrakte met buurlande

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

AfriForum het ’n finale hofoorwinning behaal wat Eskom dwing om sy kontrakte vir ondersoek beskikbaar te maak. Die uitspraak beteken dat alle ooreenkomste oor die aankoop, vervoer en verspreiding van steenkool en diesel, asook kontrakte vir elektrisiteitsverskaffing aan buurlande, nou bekend gemaak moet word.

Eskom se poging om die saak om te keer is met koste van die hand gewys deur die hof, wat beteken Eskom moet die regskoste dra. Die saak het bykans vier jaar geduur sedert die oorspronklike aansoek ingedien is. ‘n Span kundiges wat deur AfriForum saamgestel sal word, sal die kontrakte bestudeer.

Druk hier om meer te lees. Lees die volledige hofdokument hier: Judgment-appeal-dismissed-with-costs

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief