VRYSTAAT. – Die Welkom-polsie het twee afsonderlike geregtelike doodsondersoeke geopen ná die ontdekking van twee babaliggame.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Palesa Thabana, is polisiebeamptes op 7 Junie na Northern Park in Doorn ontbied, waar die liggaam van ‘n baba in ‘n vullisdrom gevind is. In ‘n afsonderlike voorval is die polisie op 4 Julie 2026 ingelig dat ‘n hond glo die liggaam van ‘n baba na Boshoff Flats in Rheederpark geneem en daar gelos het.
Die ondersoek na albei voorvalle duur voort. Enigiemand met relevante inligting word gevra om AO Tseliso Nthaba by 083 525 3771 te bel.





