Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding
MAHIKENG. – Die beweerde moordenaar, Agnes Sethwantsho, sal vandag vir haar borgaansoek in die hof verskyn. Setshwantsho word van moord, bedrog en regsverydeling aangekla.
Sy word beskuldig van die moord op haar niggie om lewensversekering te kan eis. Dit is eers bevind haar niggie is dood aan natuurlike oorsake, maar na ‘n ondersoek is bewys sy is vergiftig.
Setshwantsho se man, seun en dogters is ook onder vreemde omstandighede oorlede. Sers. Keshi Mabunda, wat Rosemary Ndlovu in hegtenis geneem het, ondersoek ook nou die omstandighede van hul dood.
Hy het gesê die polisie is van voorneme om die liggame van die man en seun op te grawe om nadoodse ondersoeke uit te voer. Mabunda sal na verwagting vandag verder in Setshwantsho se saak getuig.
Hy het die vorige keer getuig Setshwantsho het minstens 40 van haar familielede se lewens by verskillende versekeringsmaatskappye laat verseker.
Bronne: eNCA, SABC, The Africa
Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding





