Agt dood na gru-ongeluk

Lees ook :

VRYSTAAT. – Sewe mans en ’n vrou is dood in ‘n ongeluk op die N3, ongeveer 10 kilometer van Warden in die rigting van Villiers. Al agt mense is op die toneel dood verklaar. 

“Daar word beweer die Volkswagen Jetta het beheer verloor, noordwaarts geruk en teen al vyf voertuie gebots. Al die insittendes van die Polo Vivo en vier ander mense van die Jetta is oorlede. Die saak word steeds onder relevante wetstoepassingsagentskappe ondersoek,” het Hillary Mophete, woordvoerder van die departement van paaie en vervoer, aan SABC-nuus gesê. 

Mophete sê drie ander mense is ernstig beseer en na ’n hospitaal geneem. Nog ’n persoon het ligte beserings opgedoen. Volgens Mophete was ses voertuie in die ongeluk betrokke.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief