Brekende Nuus
Afrikaans

Vandag is Internasionale Aannemingsdag

Foto: Canva

Internasionale Aannemingsdag, ook bekend as Wêreld-aannemingsdag (World Adoption Day), word jaarliks op 9 November gevier. Die dag vestig die aandag op aanneming as ‘n manier om kinders ‘n liefdevolle, veilige en permanente gesinsomgewing te bied.

Die dag is in 2014 deur Hank Fortener, die stigter van die Amerikaanse organisasie AdoptTogether, ingestel. Sy ideaal was ‘n wêreld waarin elke kind ‘n gesin het en geen kind sonder ‘n veilige tuiste hoef groot te word nie. Die dag vier nie net aanneemouers en aangenome kinders nie, maar erken ook die unieke verhale, uitdagings en ervarings van almal wat deur aanneming geraak word.

Volgens die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se jongste jaarverslag is altesaam 801 aannemings gedurende die 2024/2025-boekjaar in SA geregistreer. Hiervan was 713 plaaslike aannemings en 88 internasionale aannemings. Die aannemingsregister het ook 215 kinders wat vir aanneming beskikbaar was en 18 voornemende aanneemouers aangeteken.

Bronne: National Day Calender, www.gov.za, Adopt Together