VSA. – William Patrick Muldoon III (57), ’n geliefde Amerikaanse sepie-akteur wat veral vir sy rolle in Days of Our Lives en Melrose Place onthou sal word, is aan ‘n hartaanval oorlede.
Muldoon het bekendheid verwerf as Austin Reed in Days of Our Lives (1992–1995, 2011–2012), waarvoor hy in 1994 ’n Soap Opera Digest-toekenning vir Uitstaande Nuweling (manlik) ontvang het. Hy het later die rol van Richard Hart in Melrose Place (1995–1996) vertolk en internasionale aandag gekry vir sy rol as Zander Barcalow in die film Starship Troopers (1997). Hy het ook in produksies soos Stigmata (1999), Arkansas (2020) en The Comeback Trail (2020) verskyn.
In sy latere loopbaan het hy as vervaardiger gewerk op onder meer The Card Counter (2021) en Marlowe (2022), en was hy ook die hoofsanger van die rockgroep The Sleeping Masses. Net twee dae voor sy dood het hy sy opgewondenheid op sosiale media gedeel oor ’n nuwe projek, Kockroach, waarin hy as uitvoerende vervaardiger betrokke sou wees. Sy laaste rolprent, Dirty Hands, sal op 24 April 2026 vrygestel word.
Shana Muldoon Zappa, sy suster, sê op Instagram:

Bronne: Hollywood page of Death, ABC World News Tonight with David Muir en Celebrity News





