Lees ook: Bekende Star Wars-akteur James Earl Jones oorlede
Die veteraanaktrise wat onder andere as prof. Minerva McGonagall in die Harry Potter-films te sien was, Maggie Smith, is in die ouderdom van 89 oorlede.
Haar seuns het haar dood aangekondig en gesê sy is Vrydag vreedsaam in ‘n hospitaal in Londen oorlede.
Smith het in haar loopbaan ’n Tony, twee Oscars, drie Golden Globes en vyf Baftas verower. Sy is in 1990 tot ’n Dame deur koningin Elizabeth II vereer.
Bronne: The Citizen, IOL, AP News