Altesaam 11 vas, 4 vermoedelik Mexikane – ná ontdekking van R100 miljoen dwelm-laboratorium

Lees ook :

Foto: SAPD

Foto’s in berig.

NOORDWES. – Elf verdagtes, onder wie vier wat vermoedelik Mexikane is en een ‘n vrou, is in hegtenis geneem nadat die nasionale polisie se hoofkantoor-misdaadintelligensie op ‘n dwelm-laboratorium afgekom het. Die misdaadtoneel van ongeveer R100 miljoen is op Gedeelte 45 van die plaas Brakspruit naby Swartruggens van die N4 af.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het die inhegtenisnemings bevestig. Die terrein is steeds ‘n aktiewe misdaadtoneel en kol. Adele Myburgh en lt. kol. Amanda van Wyk is steeds besig om daar ondersoek in te stel.

Nuusflits sal weer hieroor berig sodra nuwe inligting bekend word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief