Brekende Nuus
Afrikaans

Altesaam 21 beseer toe balkon meegee

Altesaam 21 mense is gisteraand beseer toe 'n balkon van 'n gebou in Kasteelstraat meegegee het.

Altesaam 21 beseer toe balkon val
Foto: Alderman JP Smith Facebook-blad

KAAPSTAD. – Altesaam 21 mense is beseer toe ‘n balkon van hout en metaal van ‘n gebou in Kasteelstraat in Kaapstad gisteraand 17:48 meegegee het.

Alderman JP Smith sê nooddienste het na die toneel gehaas om hulp te bied.

Tydens die voorval het 11 persone ligte beserings, nege matige beserings en een ernstige beserings opgedoen.

Smith sê die persoon met ernstige beserings is na ‘n mediese fasiliteit vervoer om mediese aandag te ontvang.

Bron: Alderman JP Smith

Dit is ‘n tweede geval gedurende ‘n kort tydperk waar Nuusflits oor ‘n balkon/dek van hout wat geval het berig:

NOORDWES. – Vyf persone is Saterdag tydens die uitsending van die Wêreldbeker-rugbywedstryd tussen die Springbokke en Engeland beseer toe ‘n dek langs ‘n ondersteunerspark (fan park) in Kockstraat in Rustenburg geval het.

Stook Koffie Roostery het Sondag die plaaslike nooddienste, verkeersdepartement en die polisie vir hulp tydens die voorval in ‘n sosialemediaplasing bedank. Hulle het ook gesê hulle is weer oop vir besigheid.

Die plaaslike munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê die voorval waartydens vyf persone van ‘n podium geval het, sal ondersoek word.