Brekende Nuus
Afrikaans

Altesaam 22 dood in Israeliese aanval op skool in Gaza

22 dood na Israeliese aanval op skool in Gaza

fotokrediet: Canva
22 dood na Israeliese aanval op skool in Gaza fotokrediet: Canva

Lees ook: Reeds meer as 38 000 dood in oorlog in Israel-Hamas-konflik

GAZA. – Minstens 22 Palestynse burgers is dood en 100 gewond toe die Israeliese weermag Sondag ‘n skool in Gaza aangeval het.

Israel het gesê die skool, wat deur die VN as skuiling vir ontheemdes ingerig is, is deur Hamas-terroriste gebruik vir militêre operasies. Getuies het aan BBC gesê daar was geen gewapende vegters daar nie en kinders is in die aanval dood.

Dit is die vyfde aanval op of naby skole oor die afgelope agt dae. Israel het gesê hulle is besig om terroriste te teiken.

Bronne: BBC, Yahoo, Aljazeera

Lees ook: Reeds meer as 38 000 dood in oorlog in Israel-Hamas-konflik