Lees ook: Samesprekings vir skietstilstand tussen Israel en Hamas weer moontlik
GAZA. – Volgens die gesondheidsministerie van Gaza staan die dodetal in Gaza weens die Hamas-Israel-konflik nou op meer as 38 000, waarvan baie vroue en kinders is. Meer as 87 000 mense, hoofsaaklik burgerlikes, is reeds in die oorlog beseer.
Die ministerie het gesê 58 oorledenes se liggame is in die laaste 24 uur na hospitale geneem. Israel en Hamas is weer besig om voorstelle vir hernieude samesprekings aangaande ‘n skietstilstand te oorweeg wat deur bemiddeling van Katar en Egipte, met die steun van die VSA, ter tafel gelê is.
Benjamin Netanyahu het ‘n kabinetsvergadering vir Donderdag belê om die nuutste verwikkelinge oor moontlike voortgesette onderhandelinge te bespreek.
Bronne: Kare11, Naharnet, Gulf Today
Lees ook: Samesprekings vir skietstilstand tussen Israel en Hamas weer moontlik





