Lees ook: Beskuldigde in Meyiwa-saak beweer hy was nie bewus van sy regte nie
Altesaam 58 atlete is van deelname aan vanjaar se Comrades-wedren verban na beweerde kullery.
Die Comrades-vereniging (CMA) het gister in ‘n verklaring gesê 58 atlete is weens kullery in die 2023-wedren verbied om weer vanjaar deel te neem.
Altesaam 16 atlete se inskrywings is verwerp na dit aan die lig gekom het hulle het ‘n ander atleet gevra om hulle 2023- kwalifiserende marathon vir hulle te hardloop. Drie atlete het die kwalifiserende marathon onder iemand anders se naam gehardloop, terwyl 27 atlete or hulle kwalifiserende tye gelieg het.
Een atleet het met iemand anders se nommer gehardloop en vyf het ander atlete met hulle nommers laat hardloop. Twee atlete se aansoeke is verwerp na hulle aflos gehardloop het in 2023 se marathon. Vier is afgekeur omdat hulle kortpaaie geneem het tydens verlede jaar se marathon.
Vanjaar sal die marathon op 9 Junie by die Durban-stadskouburg begin en by die HollywoodBets Scottsville-resiesbaan in Pietermaritzburg eindig.
Bronne: IOL, SABC, Runners World
Lees ook: Beskuldigde in Meyiwa-saak beweer hy was nie bewus van sy regte nie





