KWAZULU-NATAL. – Vier mense is Saterdagaand beseer toe ’n private ambulans en twee veiligheidsvoertuie in Gladys Mazibukoweg en Crossstraat in Greyville, Durban, in ’n botsing betrokke was.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is kort ná 20:00 na die ongeluk ontbied. Met aankoms het hulle die ambulans op sy sy aangetref. ‘n Paramedikus en dire veiligheidsbeamptes het verskeie beserings opgedoen. Beseerdes is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale in Durban geneem is.
Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel en ondersoek die ongeluk.





