Lees ook: Betogings vind plaas uit protes teen moontlike ANC-DA-koalisie
VSA. – ‘n Amerikaanse biljoenêr is van plan om in ‘n duikboot by die Titanic se wrak uit te kom.
Larry Connor en Patrick Lahey van Triton Submarines wil in 2026 die Titanic-wrak in ‘n duikboot gaan besoek. Connor het die versekering gegee die ekspedisie sal veilig wees. Dit volg na vyf mense verlede jaar dood is ná die duikboot waarin hulle die Titanic wou besoek, onder die water ingeplof het.
Connor het gesê hy sal nie enige duike doen as hy nie “100% seker is die duikboot is veilig nie”.
Bronne: CTV News, NBC News, Parade
Lees ook: Betogings vind plaas uit protes teen moontlike ANC-DA-koalisie





