VSA. – Die huis van verteenwoordigers stem na verwagting vandag oor die Epstein Files Transparency-wetsontwerp.
Lees ook: Trump sê Republikeine sal stem vir vrystel van Epstein-dokumente
Die doel van die wet is om die justisiedepartement te dwing om alle ongeklassifiseerde rekords, dokumente, kommunikasie en materiaal rakende die ondersoek na Jeffrey Epstein, vry te stel.
President Donald Trump het gister bevestig hy sal die wetsontwerp teken as dit deur die huis van verteenwoordigers en senaat aanvaar word. Trump het toe ook gesê: “Ons het niks te doen met Epstein nie. Die Demokrate het. Al sy vriende was Demokrate. Kyk na Larry Summers, Bill Clinton. Hulle het heeltyd na sy eiland gegaan en baie ander, almal Demokrate… Moenie jou tyd met Trump mors nie. Ek het ‘n land om te bestuur!”.
Bronne: The Independent, USA Today, BBC
Lees ook: Trump sê Republikeine sal stem vir vrystel van Epstein-dokumente





