Amerikaanse lugmaglid gered ná Iran F15-E neerskiet

Lees ook :

Iraanse staatsmedia het op 3 April foto’s vrygestel van wat volgens hulle die wrakstukke is van ’n Amerikaanse Lugmag-vegvliegtuig wat deur die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps afgeskiet is. Die wrakstukke stem ooreen met dié van ’n Amerikaanse Lugmag F-15. Beeldbron: Nour News / Telegram

AMERIKA. – Die Amerikaanse vegvlieënier wat vroeër die naweek in ‘n F15-E oor Iran neergeskiet is, is beseer, maar sal ten volle herstel, sê president Donald Trump. Hy het bygevoeg dat die reddingsoperasie deur Amerika “dosyne vliegtuie” behels het.

In kontras met die VSA se weergawe, wat sê die reddingsoperasie was suksesvol en dat die bemanning veilig onttrek is, het Iran se nuusagentskappe teenstrydig gerapporteer.

Volgense berigte deur die Tasnim News Agency is “verskeie” vyandelike Amerikaanse vliegtuie in die suidelike Isfahan-streek deur die krygers van Islam vernietig en het die reddingsoperasie van die vlieënier misluk.

Die egtheid van die berigte kon tot dusver nie bevestig word nie en daar word daar op kommentaar van die Amerikaanse weermag gewag.

Iranse militêre amptenare het intussen gewaarsku dat die “poorte van die hel” vir die VSA en Israel sal oopgaan indien aanvalle op infrastruktuur voortduur. Daarop het Trump gereageer deur te dreig om “alle hel los te laat” indien Teheran nie teen Maandag ’n ooreenkoms bereik om die Straat van Hormoes te heropen nie.

Bron:  CNN, CBS News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief