Amerikaanse regering erken skuld in Januarie-botsing tussen vliegtuig en helikopter

Lees ook :

Amerikaanse regering erken skuld in Januarie botsing tussen vliegtuig en helikopter fotokrediet: Canva

VSA. – Die Amerikaanse regering het formeel erken sy loodse en ‘n lugbeheerkontroleerder het fouteer, wat tot die botsing tussen ‘n Black Hawk-helikopter van die weermag en ‘n American Airlines-vliegtuig op 29 Januarie 2025 naby die Reagan- nasionale lughawe gelei het. Die ongeluk het plaasgevind toe die Black Hawk-helikopter in die pad van die vliegtuig wat wou land, ingevlieg het.

Lees ook: Nasionale vervoerveiligheidsraad sê helikopter wat bots, het foutiewe meters gehad

Altesaam 67 mense is in die ongeluk oorlede. Een van die slagoffers se familie het die owerhede gedagvaar.

In die hofdokumente erken die VSA dat die vlieëniers van PAT25 nie voorsorg getref het om ‘n veilige visuele afstand te hou van AE5342 af nie. Die regering het ook erken dat die lugbeheerkontroleerder in die toring nie “voldoen het” aan ‘n bevel van die Federale Lugvaartadministrasie oor die prosedure vir lugbeheer nie.

Volgens die regering is hulle “nie die enigste entiteit wat vir hierdie ongeluk verantwoordelik was nie”.

Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad ondersoek nog die ongeluk.

Bronne: The Independent, CNN, NBC News

Lees ook: Nasionale vervoerveiligheidsraad sê helikopter wat bots, het foutiewe meters gehad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief