Amy’Leigh verdagtes in hof vandag

Lees ook :

VANDERBIJLPARK. – Die drie verdagtes wat na bewering vir Amy’Leigh de Jager verlede Maandag voor die Laerskool Kollegepark ontvoer het, verskyn vandag in die landdroshof hier.

’n Onderwyseres (27) van die Laerskool Kollegepark is een van die verdagtes. Nog ’n vrou (40) en man (50) verskyn ook.

Amy’Leigh is buite haar skool uit haar ma se arms gegryp en ontvoer. Die verdagtes het met haar in ’n Toyota Fortuner weggejaag. Sy is vroeg die volgende oggend by ’n vulstasie in die area afgelaai, waarna sy met haar ouers, Wynand en Angeline, herenig is.

Die verdagtes behoort na 11:00 te verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief