Arthur Gqeba se familie het gesê hy herstel goed in die hospitaal nadat hy verlede week verskeie kere op Vredenburg geskiet is.
Gqeba en ‘n drywer is beseer toe ‘n man op hulle begin skiet het toe hulle Donderdag ‘n wykskomiteevergadering verlaat het. Gqeba is glo agt keer geskiet.
Gqeba se familie het gesê hy het voor die skietery doodsdreigemente ontvang.
Die ANC op Saldanhabaai het gesê hulle lede lewe na die skietvoorval in vrees dat hulle volgende kan wees.
Bronne: IOL, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kuberkrakers steel glo meer as 2 biljoen gebruikers se inligting op TikTok