ANC sal na verwagting betoog oor Janusz Walus se parool

Lees ook :

ANC sal na verwagting betoog oor Janusz Walus parool
ANC sal na verwagting betoog oor Janusz Walus parool fotokrediet: Eyewitness News

Die ANC in Gauteng sal na verwagting buite die Kgosi Mampuru II- korrektiewe sentrum in Pretoria betoog om hulle afkeur te wys oor die vrylating van Janusz Walus. Janusz Walus het Chris Hani doodgeskiet.

Die party, asook Cosatu en die SACP, het Woensdag as die “Chris Hani-dag van aksie” verklaar.

Walus is in 1993 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Chris Hani en is al amper drie dekades in die tronk.

Die ANC, Cosatu en SACP het hulle ongelukkigheid uitgespreek met die Konstitusionele Hof se besluit om Walus op parool vry te laat.

Die ANC het gesê Walus moenie vrygelaat word nie, want sy daad het amper ’n burgeroorlog in Suid-Afrika veroorsaak.

Bronne: Eyewitness News, The Citizen, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Trok met eksamenvraestelle gekaap

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief