Anne Frank-kuns in Milaan gevandaliseer

Lees ook :

Anne Frank-kunswerk in Milaan gevandaliseer
Anne Frank-kunswerk in Milaan gevandaliseer fotokrediet: X

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal

MILAAN, ITALIЁ. – Twee stukke straatkuns in Milaan wat anti-Semitisme en die aakligheid van die Holocaust aanspreek, is met pro-Palestynse boodskappe gevandaliseer skaars ’n dag na dit geverf is.

Hierdie kunsstukke deur aleXsandro Palombo het Anne Frank en die ikoniese Warsaw Ghetto Boy uitgebeeld.

In die eerste kunsstuk huil Anne Frank terwyl sy die Israeliese vlag vashou as ’n simbool teen anti-Semitisme. Skaars 24 uur later is die kusstuk gevandaliseer en toegemaak met “Free Gaza” groot daarop geskryf. Die tweede kunsstuk is van die anti-Semitiese Warsaw Ghetto Boy met sy hande gelig as ’n simbool van die Holocaust. Vandale het die seun op die kunswerk heeltemal uitgewis.

’n Holocaust-gedenkklip in Denemarke wat die Deense burgers eer wat hulle lewens gewaag het om Jode te red tydens die tweede Wêreldoorlog, is gevandaliseer. Graffiti is daarop aangebring en die trappe van die teater waar die klip was, is toegeverf met ’n groot Palestynse vlag en die woorde “Free Gaza”.

Bronne: The Jerusalem Post, Newsweek, The Jewish Chronicle

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog- drie babas sterf in Al-Shifa-hospitaal

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief