Appèlhof beslis Trump hoef nie $500 m. te betaal in siviele bedrogsaak nie

Lees ook :

Appèlhof beslis Trump hoef nie $500 miljoen te betaal in siviele bedrogsaak nie fotokrediet: X

NEW YORK, VSA. – Die appèlhof het Donderdag beslis dat Donald Trump nie die $500 miljoen boete, wat hy verlede jaar in ’n siviele bedrogsaak beveel is om op te dok, hoef te betaal nie.

Lees ook: Donald Trump betaal $175 m. verband in siviele bedrogsaak

Trump is verlede jaar beveel om die boete te betaal nadat dit bevind is dat hy die waarde van die Trump-organisasie se eiendomme vergroot het om beter lenings te kry.

Die appèlhof se regters het beslis dat terwyl Trump aanspreeklik is vir die bedrog, is die boete buitensporig en het waarskynlik die grondwetbeskerming teen swaar straf oortree.

Trump het die beslissing ’n “oorwinning” op sosiale media genoem.

Bronne: BBC, NBC News, CNN

Lees ook: Donald Trump betaal $175 m. verband in siviele bedrogsaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief