ARB sê oor Checkers Sixty60 se helikopter

Lees ook :

Foto: Soos deur die klaer aan ARB verskaf

Die Advertensiebeheerraad (ARB) het beslis ’n Shoprite Checkers Sixty60-advertensie is misleidend. ‘n Verbruiker het gekla oor ‘n TikTok-video waarin ’n huisboot êrens aan die Weskus gewys word, waarvandaan mense kruideniersware via die Sixty60-toep bestel en dit dan per helikopter afgelewer word. Die verbruiker het gekla die advertensie is misleidend omdat die diens nie werklik oral aan die Weskus aflewer nie en beslis nie per helikopter nie.

Shoprite Checkers het aangevoer die helikopter en seetoneel is hiperbolies en nie bedoel om werklike afleweringsmetodes of dekking voor te stel nie. Die frase “Summer delivered anywhere” is volgens hulle bloot bedoel om ’n gevoel van vryheid en somerpret oor te dra. Die ARB het bevind dat hoewel geen redelike verbruiker sou glo dat kruideniersware per helikopter afgelewer word nie, die advertensie tog die indruk skep dat aflewering wyd beskikbaar is – ook aan die Weskus. Die Raad het spesifiek gekyk na frases soos “Somewhere on the West Coast” en “Summer delivered anywhere”, en beslis dat dit ’n redelike verbruiker kan laat glo die diens is oral in dié streek beskikbaar. Die ARB het ook bevestig dat aflewering nie in alle dele van die Weskus beskikbaar is nie, insluitend St Helenabaai, soos deur die klaer uitgewys.

Gevolglik is bevind dat die advertensie die advertensiekode oortree deur moontlik misleidend te wees. Shoprite Checkers is nie ’n lid van die ARB nie en is dus nie direk aan sy jurisdiksie onderhewig nie.

“Instruction to members: Members of the ARB are instructed not to accept the advertisement with the claims “Somewhere on the West Coast” and “Summer delivery. Anywhere.””

Druk hier om die volledige beslissing van die ARB te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief