‘As jy die oorlog begin, sal ons dit klaarmaak’ sê Iran oor Amerikaanse bomaanvalle

Lees ook :

‘Jy het dit begin en ons sal dit eindig’ sê Iranse staatsmedia oor Amerikaanse bomaanvalle fotokrediet: X

IRAN. – Iran se minister van buitelandse sake het Amerika se aanvalle op drie kernaanlegte “skandelik” genoem en gesê dat Iran “alle opsies reserveer om sy soewereiniteit, belange en mense te beskerm”. Abbas Araghchi het gesê Amerika het verskeie wette oortree en dat dit veroordeel moet word.

Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

Iran se staatsmedia het Donald Trump gewaarsku elke Amerikaanse burger of militêre personeellid in Wes-Asië is nou ’n “teiken” ná sy aanvalle op Fordow, Natanz en Isfahan.

Die Iranse staatsmedia het by monde van maj.genl. Qassem Soleimani, militêre bevelvoerder, gewaarsku: “Die VSA het ’n misdaad teen Iran uitgevoer deur in Iran se lugruim te oortree. Dit het geen plek in die Wes-Asiese streek nie. Mnr die president van die Verenigde State, jy het dit begin en ons sal dit klaarmaak.”

Bronne: Newsweek, BBC, News18

Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief