Brekende Nuus
Afrikaans

Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

fotokrediet: X
Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran fotokrediet: X

IRAN. – Donald Trump, die Amerikaanse president, het vanoggend drie kernaanlegte in Iran met ’n bomaanval laat teiken.

Lees ook: Iran weier deelname aan nuwe samesprekings oor kernprogram terwyl aanvalle voortduur

Trump het gesê die doel van die aanvalle “was die vernietiging van Iran se kernprogram en om ’n kerndreigement deur die wêreld se nr.1 staatsondersteuner van terrorisme te stop”. Hy het gesê die aanval was ’n sukses en nog aanvalle is moontlik. Trump het verder gesê: “Iran, die boelie van die Midde-Ooste, moet nou vrede maak. As hulle nie vrede maak nie, sal toekomstige aanvalle groter en makliker wees”.

Luidens verskeie berigte het Trump die bomaanval laat loods sonder die toestemming van die Kongres.

Iran se minister van buitelandse sake het gesê die land “reserveer alle opsies om die land se belange, soewereiniteit en mense te beskerm”.

Iran het voorheen gewaarsku as Amerika aansluit by Israel se aanvalle op die land sal weerwraak geneem word, insluitend die teiken van Amerikaanse weermaglede in die streek of die “versnelling van die kernprogram”.

Bronne: USA Today, New York Times, The Independent

Lees ook: Iran weier deelname aan nuwe samesprekings oor kernprogram terwyl aanvalle voortduur