Sinopse: Na ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit. Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n Romeense bendebaas na haar? Op die plaas Spoelklippe rou Annie nog oor die dood van haar seuntjie en die verbrokkeling van haar huwelik. Ellie kruip gou in Annie se hart in, maar gevaarlike mense is op die kind se spoor. Gou word Annie ook bedreig. Gaan sy uit die maalkolk kan ontsnap of gaan sy weer alles verloor? En wat van Nico wat hoop om hul jeugliefde te hervat?
As klippe kon praat is ’n eg menslike verhaal oor verlies, keuses en keerpunte.
Connie Luyt is die skrywer van verskeie kortverhale en romans, onder meer Waar onthou begin, Lang skaduwees oor Afrika en Die drie lewens van Hannli Human. Sy is in Malmesbury gebore en het tale en geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy woon in Pretoria
Kliek hier vir meer inligting: https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/klippe-kon-praat/9781776380657
*ADVERTENSIE