AUSTRALIË. – In Australië word ouers en versorgers aangemoedig om met hul baba te kommunikeer voordat hulle ’n doek ruil. Dit sal glo kinders help om van jongs af respek en ’n gevoel van liggaamsgrense aan te leer.
Dr. Nicole Downs en Dr. Katherine Bussey van Deakin-universiteit sê ouers kan begin om kinders toestemming te leer gee selfs voordat hulle kan praat. Voordat ‘n doek geruil word, moet die ouer op ooghoogte vir hulle kleinding verduidelik dat dit nodig is om ‘n doek te ruil. Die baba moet dan tyd gegun word om die inligting te verwerk en dan weer gevra word of hy/sy opgetel en gedra wil word of self na die doekruilstasie wil kruip of loop. Die ouer moet die kind se gesigsuidrukking en liggaamstaal dophou om te sien of hy/sy verstaan wat gebeur. ‘n Speelding moet ook nie tydens doekruiling aangebied word of haar/sy aandag afgetrek word nie, aangesien die kind moet bewus wees wat aangaan wanneer iemand aan haar/sy privaatdele raak. Die gebruik van die korrekte terme vir privaat liggaamsdele bevorder ook ‘n gevoel van veiligheid.
Only About Children moedig ouers aan om die baba, wat nog nie kan praat nie, by die doekruilproses te betrek en respekvol met hulle te kommunikeer. Kritici sê egter dat nie-pratende babas nie regtig toestemming kan gee nie en dat doekruiling dikwels met haas gepaardgaan om higiëne en gesondheid te handhaaf. Dié kettinggroep het 75 vroeë-leersentrums waarvan ook in stede soos Syney, Melbourne en Brisbane, en vra: “As jy ’n baba was, hoe sou jy wou hê jou doek moes geruil word?””
Bronne: Downs, N. & Bussey, K., Deakin University – The Conversation, Only About Children via Yahoo Lifestyle Australia, Thenightly.com.au – Deakin University navorsing, Raising Children Network – ontwikkeling van babas se taal, Snopes – beoordeling van bewerings oor toestemming van babas, Deakin University via The Nightly, Aussie Childcare Network, 3AW Parenting Expert Commentary





