Brekende Nuus
Afrikaans

Ontvoerde leerlinge in Nigerië vrygelaat

Kinders wat in Nigerië ontvoer is vrygelaat

fotokrediet: X
Kinders wat in Nigerië ontvoer is vrygelaat fotokrediet: X

NIGERIË. – Ongeveer 100 leerlinge wat in November by ‘n Katolieke skool in Nigerië ontvoer is, is vrygelaat.

Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië

Die polisiehoof, Adamu Abdullahi Elleman, het gesê die kinders is vrygelaat en sal vandag met hulle families herenig word.

Meer as 250 leerlinge en 12 onderwysers is in November by die St Mary’s Katolieke skool in Papiri ontvoer.

Die omstandighede van die kinders se vrylating is onbekend. Dis ook nie bekend of enige geld aan die ontvoerders betaal is nie.

Bronne: BBC, All Africa, DW

Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië