Brekende Nuus
Afrikaans

Baba ‘Elizabedi’ verwelkom

Eben en Anlia Etzebeth se baba is Dinsdag gebore.

Foto: Anlia Etzebeth Instagram
Foto: Anlia Etzebeth Instagram

Eben Elizabeth, SA-rugbyspeler en sy sangeres-vrou Anlia het Dinsdag hul eersteling verwelkom.

Die trotse mamma het die geboorte van hul baba met ‘n pienk hart oor die gesiggie op Instagram gedeel en gesê: “Geen woorde sal ooit die gevoel kan beskryf nie. Dankie Here.”

Op die foto wat die trotse ouers gedeel het, is hulle nog in teatermondering met hul kleinding wat pas gebore is.