Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeer
BATON ROUGE, VSA. – ‘n Ses maande oue baba is oorlede na een van sy ouers vergeet het om hom by die dagsorg af te laai en in ‘n warm voertuig gelos het.
Die baba is Dinsdagmiddag in die voertuig gevind na die ouer besef het hulle het vergeet om hom af te laai toe hulle na werk dagsorg toe gery het.
Dit is onbekend presies hoe lank die baba in die voertuig was. ‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.
Dit was 44.4 grade Celsius toe die baba in die voertuig gelos is.
Bronne: The Independent, USA Today, ABC News
Lees ook: Thabo Bester eise deur regter afgekeer