Babameisie sterf in honde-aanval

Lees ook :

Foto: Cleveland-polisie

VERENIGDE KONINKRYK. – Maggie-May Ann Moody, drie maande oud, is op 9 April ná ’n honde-aanval in Dormanstown, naby Redcar in die Verenigde Koninkryk, oorlede. Haar begrafnisdiens word op 1 Mei in die St. Peter’s Church gehou.

Cleveland-polisie sê in ‘n verklaring gewapende polisie het hulle na die toneel in Hardale Grove gehaas waar twee honde betrokke was. Een is op straat van kant gemaak en ’n ander in die huis. Owerhede sê nie een van die diere word as ’n verbode ras beskou nie. Drie persone, twee mans van 36 en 45, en ’n vrou, is in verband met die voorval in hegtenis geneem en is aangekla dat hulle beheer gehad het oor gevaarlike honde buite beheer wat tot ’n sterfte gelei het. Die vrou staan ook ’n aanklag van kinderverwaarlosing tereg. Hulle is intussen op borgtog vrygelaat.

Die familie het volgens berigte gesê hulle was by Maggie in die hospitaal en het nooit van haar af weggegaan nie. Sy word deur ‘n broer en suster oorleef. Hulle het die media versoek om hul privaatheid te respekteer en hulle toe te laat om in vrede te rou. Die familie sê hulle is beroof van ‘n mooi leeftyd van herinneringe.

Paul Appleton, die lyksbesorger vir Teesside en Hartlepool, het tydens ’n kort hofverrigting in die Middlesbrough-stadsaal gesê die polisie het omstreeks 13:30 op 9 April ’n noodoproep van ambulansdienste ontvang oor ’n voorval in Hardale Grove in Redcar. Volgens hom is hulp ontbied nadat ’n kind ophou asem haal het nie nadat sy deur ’n hond aangeval is.

Bronne: Cleveland Police, BBC, The Telegraph, The Mirror, Daily Star

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief