Brekende Nuus
Afrikaans

‘Bakleiery’ tussen lede van SAPD en SANW weerlê

Die provinsiale kommissaris in Limpopo ontken bewerings van bakleiery tussen lede van die SAPD en SANW oor beweerde korrupsie.

Geveg tussen SAPD en SANW lede ontken
Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Lt.genl. Thebi Hadebe het sprake van ‘n beweerde bakleiery in Atok, Burgersfort tussen lede van die SAPD en SANW, wat op sosiale media versprei word, weerlê.

Brig. Hulalani Mashaba sê, volgens die provinsiale kommissaris is die beweringe misleidend, ongegrond en onwaar.

Na bewering word gesê ‘n weermaglid het ‘n polisielid, wat glo omkoopgeld van onwettige chroommyners aanvaar het, aangerand.

Mashaba sê ‘n interne ondersoek is gedoen en die SAPD het bewys daar het nie so ‘n voorval in Sekhukhune-polisiedistrik of enige polisiestasie in Limpopo plaasgevind nie.

“People should learn to exercise caution before spreading unverified and malicious information about any private or public entity or an individual person. As the Police, we would like to caution our communities to be aware of the possible existence of misleading social media reports that are hellbent on tarnishing the image of SAPS and SANDF,” sê Hadebe.

Bron: SAPD