VSA. – Die Demokrate van die Amerikaanse huisoorsigkomitee het foto’s en video’s van die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein se eiland vrygestel.
Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word
Die foto’s en video wys verskeie slaapkamers in die huis op die eiland, asook ‘n kamer met maskers op die muur en ‘n foon met name op die knoppies geskryf.
Die huisoorsigkomitee se Demokratiese leier, Robert Garcia, het gesê dit bied “’n versteurende kykie” in Epstein se wêreld en is vrygestel vir “openbare deursigtigheid”.
Dit volg nadat president Donald Trump die Epstein Files Transparency Act op 19 November geteken het wat die justisiedepartement dwing om alle dokumente, rekords en inligting aangaande die Jeffrey Epstein-saak vry te stel.
🚨 BREAKING: Oversight Dems have received never-before-seen photos and videos of Jeffrey Epstein's private island that are a harrowing look behind Epstein’s closed doors.
— Oversight Dems (@OversightDems) December 3, 2025
See for yourself. We won’t stop fighting until we end this cover-up and deliver justice for the survivors. pic.twitter.com/qXmxFISZLS
Bronne: BBC, Sky News, ABC, X





