Beesstertpotjie

Lees ook :

fotokrediet: Canva

Hier is ‘n resep vir ‘n heerlike beesstertpotjie, net reg vir die kouer weer.

Sous

60 ml brandewyn
750 ml droë rooiwyn
375 ml blatjang
125 ml Worcestersous
125 ml tamatiesous
vloeistof van ‘n blikkie botterbone
1 pakkie beesstertsoppoeier
250 ml kookwater
30 ml gemengde, gedroogde kruie
30 ml Aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare

45 ml olyfolie
2 kg beesstert, opgesny
10 ml gekapte knoffel
2 uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 preie, in skyfies gesny
5 wortels, in ringe gesny as jy nie klein wortels kan kry nie
20 klein aartappeltjies, geskil
16 klein uitjies
250 g knopiesampioene
410 g botterbone
vars, gekapte pietersielie

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous baie deeglik en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie in die potjie oor matige hitte en soteer die vleis vir 10 minute lank. Voeg die knoffel by en roer dit vir 1 minuut. Giet die sous oor die vleis. Moenie dit nou weer roer nie. Rangskik die uie, soetrissie, seldery en preie bo-op die vleis. Daarna volg die wortels en aartappeltjies. Sit die deksel op en laat prut vir 3 uur 30 minute lank oor matige kole. Voeg kookwater by as dit te droog word. Voeg die klein uitjies, sampioene en botterbone by. Bedek dit en laat dit vir nog 30 minute prut. Roer dit deur en garneer met pietersielie voor bediening.

Wenk

Hierdie sous kan ook gebruik word met blokkies vleis.

Kry jou vleis vir jou potjie by die Beefmaster Factory Shop in Fabriciaweg, Kimberley.

Bron: Boerekos.com

*ADVERTENSIE

Lees ook: Kry van die dorp se lekkerste biltong en droëwors by Beefmaster

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief