Bejaarde man wreed in Bothaville vermoor

Lees ook :

Foto: Erna Joubert - Bothavillers van Toeka tot Nou

VRYSTAAT. – Die liggaam van Petrus Janse van Rensburg (69) is Sondagoggend buite sy woning in Bothaville gevind nadat hy wreed aangeval en vermoor is.

Sers. Palesa Thabana, polisiewoordvoerder, sê ’n moordondersoek is van stapel gestuur ná die grusame voorval wat omstreeks 06:00 in 7de Laan in die industriële gebied plaasgevind het. Volgens die polisie is hulle na die toneel ontbied waar die slagoffer se broer hulle na ’n wit Isuzu-enkelkajuitbakkie gelei het. Met ondersoek is die voertuig se deure wawyd oop aangetref, met bloedspatsels binne-in.

Polisielede is daarna na die liggaam van die slagoffer, ’n paar meter van die voertuig af, gelei. Hy is bebloed langs ’n heining by ’n pakhuis aangetref en het verskeie steekwonde aan sy regterarm, bors en die regterkant van sy nek opgedoen. Twee musse is naby sy liggaam gevind. Nooddienste is ontbied, maar Van Rensburg is op die toneel dood verklaar.

Die motief vir die moord is in hierdie stadium onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. Maleme by 082 466 7923 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief