Bejaarde vrou met graaf aangeval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie


NOORDWES. – Die polisie vra die publiek se hulp om ‘n verdagte op te spoor nadat ‘n 66-jarige vrou Sondagaand tydens ‘n huisroof op ‘n plaas by Mamogaleskraal, naby Brits, ernstig aangerand is.

Sers. Kelebogile Morake, woordvoerder van die polisie, sê aan Nuusflits die vrou was alleen in haar huis toe sy glo ‘n venster hoor breek het. Sy het probeer om haar broer te bel, maar die verdagte was reeds in die huis. Die man het haar na bewering met ‘n graaf aangerand en beserings aan haar hande veroorsaak voordat hy met haar persoonlike besittings gevlug het. Sy is vir mediese behandeling in ‘n hospitaal opgeneem.

‘n Saak van huisroof word ondersoek terwyl die verdagte steeds op vrye voet is. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan sers. Phenyo Malese by 065 896 1641 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief