Bekende in paramediese kringe veilig ná beweerde ontvoeringsvoorval

Lees ook :

Foto: Lawrencé Lee

GAUTENG. – Lawrencé Lee (19) het die week ‘n noue ontkoming gehad toe hy gaan draf en glo die slagoffer van ‘n ontvoeringsvoorval was. Hy is ‘n bekende in paramediese kringe in Pretoria, wat aan die studeer vir die beroep is.

Lee het in ’n openbare verklaring gesê hy het daarin geslaag om uit die situasie te ontsnap en sowat 30 minute van sy huis af veiligheid bereik. Hy sê hy fokus tans op herstel en neem tyd om die voorval te verwerk. Hy het vir privaatheid gevra terwyl hy aansterk. Lee het die publiek ook gemaan om versigtig te wees wanneer hulle alleen oefen, en aangeraai dat mense hul roetes deel, hul ligging beskikbaar stel en bewus bly van hul omgewing.

Hy het mense bedank vir hul ondersteuning ná die voorval.

“To the community of Pretoria, I want to briefly inform you that earlier this week I was the victim of a kidnapping incident while out on a run. By the grace of God, I am safe. I managed to get out of the situation and reach safety approximately 30 minutes from my home. I am currently focusing on recovery and taking time to process everything. I am sharing this not for attention, but as a reminder of how important personal safety is. Please be extremely cautious when going out alone, especially when running or exercising outdoors. Always let someone know your route, share your location where possible, and stay aware of your surroundings at all times. I kindly ask for privacy as I continue to recover and am not ready to discuss further details. Thank you to everyone who has reached out with support and care it is deeply appreciated. Stay alert. Stay safe.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief