Brekende Nuus

Besit jou droomhuis! Sluit by Mads Properties aan

Kontak Mads Properties by 083 995 5799 of besoek hulle by Jan Van Zyl Straat 37 in Monument Hoogte, Kimberley.

Nuusflits template (2)
Sluit aan by die Mads Properties Whatsapp-groep.

Mads Properties is al meer as 10 jaar werksaam in Kimberley. Nou kan jy by die Mads Properties Whatsapp-groep aansluit om aanbiedinge van huurhuise en huise te koop, heel eerste kry!

Mads Properties – besit jou droomhuis!


Kontak Mads Properties by 083 995 5799 of besoek hulle by Jan Van Zyl Straat 37 in Monument Hoogte, Kimberley. Klik hier om by die eksklusiewe Whatsapp-groep aan te sluit.

*Advertensie

Lees ook: Sluit aan by Mads Properties

SUID-AFRIKA. – Die departement van gesondheid het aangekondig swanger vrouens en borsvoedende vroue mag nou ingeënt word.

Swanger vrouens en dié wat borsvoed was aanvanklik aangeraai om nie die inenting te neem nie. Die departement van gesondheid sê alhoewel swanger vrouens nie ‘n hoër risiko het om Sars-CoV-2 op te doen nie, kan die vrou en die pasgebore baba wel komplikasies as gevolg van Covid-19 ontwikkel.

Voordele en nadele van swanger vrouens wat ingeënt word

Volgens die verklaring wat deur die departement van gesondheid uitgereik is, vind proewe om die veiligheid van inenting vir swanger vrouens en dié wat borsvoed, tans gedoen. Meer toetse en proewe word ook beplan. Dus kan die Johnson & Johnson-inenting sowel as die Pfizer-inenting aan vrouens wat al meer as 14 weke swanger is, gegee word.

Die departement sê verpleegsters moet die voordele sowel as die risiko van die inenting aan die vrouens verduidelik. Daar moet aan hulle verduidelik word dat die navorsing oor die Covid-19-inenting van swanger vrouens en dié wat borsvoed nog nie voldoende is nie.

Vrouens wat beplan om swanger te raak, moet ook oorweeg om die inenting te neem.

Lees ook: Sluit aan by Mads Properties

LEES OOK: Shane Jordaan se liggaam vandag gevind, soektog afgelas

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.