Lees ook: Staat sluit hul saak af in Meyiwa-verhoor binne ‘n verhoor
PRETORIA. – Een van die beskuldigdes in die Senzo Meyiwa-moordsaak het gesê hy is aangerand en gedwing om ’n vooraf geskryfde skulderkenning vir Meyiwa se moord te teken.
Muzikawukhulelwa Sibiya het gister in die verhoor binne ‘n verhoor getuig hy is geslaan tot hy sy broek natgemaak het. Hy het gesê die polisie het hom toe teruggeneem na sy blyplek toe waar hy skoon klere aangetrek het.
Sers. Bathobakae Mogola het voorheen getuig Sibiya het gesê sy broek is duur en hy wil ander klere aantrek sodat dit nie gesteel word nie.
Mogola het ook gesê hulle het ammunisie en magasyne in Sibiya se shack gevind en hy het erken dis syne. Sy het ook gesê Sibiya het gesê die wapen is by sy vriend in ‘n koshuis.
Sibiya het tydens sy getuienis gesê daar was geen ammunisie of magasyne in sy huis nie en hy het nooit enige erkennings gemaak nie. Hy het gesê hy het geteken wat hulle gevra het, want hy wou net aan die lewe bly.
Bronne: IOL, EWN, The Citizen
Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak het glo wapens aan huurmoordenaars verkoop





