GAZA. – Betogings het in Israel uitgebreek na die eerste minister, Benjamin Netanyahu, se kabinet aangekondig het planne is goedgekeur om Gaza met ‘n “intensiewe eskalering” van die 18 maande oorlog oor te neem.
Lees ook: Israel val grootste hospitaal in Gaza aan
Honderde mense het buite Israel se parlement bymekaargekom en geëis ’n ooreenkoms moet met Hamas bereik word om die oorblywende Israeliese gyselaars te bevry.
Netanyahu se kabinet het planne goedgekeur om die hele Gaza met tienduisende addisionele soldate oor te neem wat vir ’n onbepaalde tyd in die gebied moet bly. Die nuwe plan sluit die verskuiwing van Palestynse burgerlikes na die suide van Gaza in.
Netanyahu het beweer humanitêre hulp sal in Gaza toegelaat word onder die nuwe plan wanneer die weermag beheer in Gaza oorneem.
Bronne: Euronews, Sky News, New York Times





