Israel val grootste hospitaal in Gaza aan

Lees ook :

Israel val grootste hospitaal in Gaza aan fotokrediet: X Skermgreep

GAZA. – Die Israeliese weermag het die grootste hospitaal in Gaza, met ’n lugaanval geteiken. Israel het bevestig die teiken was ’n “belangrike Hamas-terroris wat uit die hospitaal gewerk het”.

Lees ook: Israel val Gaza opnuut aan, minstens 200 mense dood

Hamas het bevestig een van hulle leiers, Ismail Barhoum, wat behandeling vir beserings by die hospitaal moes ontvang, en sy neef, Ibrahim, is onder andere in die aanval dood. Dit is onbekend hoeveel mense in die aanval op die hospitaal dood is. ‘n Deel van die Nasser-hospitaal was ná die aanval in vlamme gehul.

Israel het gesê dit het ’n distrik in Gaza omring en beveel dat mense ontruim. Dit volg na Israel weer aanvalle op Gaza hervat het omdat Hamas nie die eerste fase van die skietstilstand wou verleng nie, maar wou aanbeweeg na die tweede fase.

Die dodetal in Gaza staan nou op sowat 50 000.

Bronne: CNN, Sky News, BBC

Lees ook: Israel val Gaza opnuut aan, minstens 200 mense dood

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief