Beurtkrag veroorsaak steeds probleme by Shoprite

Lees ook :

Shoprite bestee byne R94 miljoen per maand aan diesel tydens beurtkrag. (Fotobron: Shoprite Checkers)

LEES OOK: Desember sorg dalk vir goeie nuus oor die petrolprys

Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar, Shoprite, sê dit bestee byna R94 miljoen per maand aan diesel om die besigheid se bedrywighede aan die gang te hou te midde van voortgesette beurtkrag.

In ’n vrywillige handelsopdatering vir die eerste kwartaal van die boekjaar (Julie tot September 2023) het die groep gesê die dieselrekening vir die drie maande tydperk het met R90 miljoen tot R281 miljoen gestyg. Die skerp styging in koste is toegeskryf aan die hoër dieselprys oor die tydperk relatief tot dieselfde kwartaal verlede jaar. Shoprite het met sy voljaarresultate vir die jaar geëindig Junie ‘n totale dieselbesteding van R1,3 miljard vir die jaar gemerk om die impak van beurtkrag teë te werk.

Die groep het gesê hulle is op koers om die beplande 195 nuwe winkels vir die 2024-boekjaar te open.

#Beurtkrag #Shoprite #Besigheid #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: BusinessTech; The Citizen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief