Beweerde moordenaar het glo 40 familielede verseker

Sy het lewensversekering op hulle almal uitgeneem voor hulle dood is.

Beweerde moordenaar het glo 40 familielede verseker
Beweerde moordenaar het glo 40 familielede verseker fotokrediet: Canva

Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding

MAHIKENG. – Die hof het verlede week gehoor die beweerde moordenaar, Agnes Setshwantsho, het minstens 40 van haar familielede by vyf verskillende maatskappye verseker.

Sers. Keshi Mabunda, wat Rosemary Ndlovu in hegtenis geneem het, het in Setshwantsho se borgverhoor getuig.

Hy het gesê Setshwantsho het twee adresse aan die polisie voorsien, maar sy besit minstens vyf wonings. Hy het gesê dit is moontlik sy sal vlug as sy op borg vrygelaat word.

Setshwantsho is verlede maand vir die moord op haar niggie in hegtenis geneem. Haar niggie se dood is eers aangemeld as van natuurlike oorsake, maar na ’n nadoodse ondersoek is bevind sy is vergiftig.

Setshwantsho se man, seun en dogters is ook onder agterdogtige omstandighede oorlede. Sy het lewensversekering op hulle almal se lewens uitgeneem voor hulle dood is.

Mabunda het gesê die polisie is van plan om haar man en seun op te grawe om te bepaal wat die oorsaak van hulle dood is. Setshwantsho word van moord, bedrog en regsverydeling aangekla. Sy verskyn weer vandeesweek in die hof vir haar borgaansoek.

Bronne: SABC, The Africa, Connet Radio

Lees ook: Vrou wat glo familie vermoor vir versekering bly in aanhouding

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Soek jy oulike bykomstighede vir jou bril?

Joe Biden se hond het geheime agente minstens 24 keer gebyt

Polisieman in hegtenis vir moord op vermiste paar

Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

Polisie vra vir hulp om man (72) te vind

Lotto uitslae vir 24 Februarie 2024

Wêreld se grootste slangspesie in Amasone gevind

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]