Lees ook: Misdaadstatistiek wys minstens 75 mense word daagliks in SA vermoor
Waarskuwing: geweld in video nie vir sensitiewe lesers nie
KAAPSTAD. – Juma Igiraneza (25), ‘n haarkapper oorspronklik van Burundi, is glo op 7 November deur polisiebeamptes tydens ’n klopjag by sy werksplek in Mowbray, Kaapstad, aangeval. Die beweerde voorval is op CCTV vasgevang.
Die polisieminister, Bheki Cele, is Saterdag tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) oor die beweerde voorval uitgevra. Hy is deur GroundUp se redakteur oor die video gevra en die stappe wat geneem word om sulke gedrag by polisielede te verminder.
Cele het gesê Opod is besig om die voorval te ondersoek en sal voorstelle doen. Hy het ook gesê hy sal toesien dat die betrokke saak vinnig hanteer word.
Cele het gesê hy het die video gesien en dit lyk vir hom soos aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Bronne: Daily Maverick, News24, African Insider, GroundUp
Lees ook: Misdaadstatistiek wys minstens 75 mense word daagliks in SA vermoor





