Brekende Nuus
Afrikaans

Biblioteekleiers voltooi opleidingsprogram op Wêrelddag vir Bibliotekarisse

Nuwe biblioteekleiers voltooi opleidingsprogram op Wêreld Bibliotekarisse Dag

fotokrediet: City of Cape Town
Nuwe biblioteekleiers voltooi opleidingsprogram op Wêreld Bibliotekarisse Dag fotokrediet: City of Cape Town

KAAPSTAD. – Altesaam 23 van Stad Kaapstad se bibliotekarisse het gister op Wêreldbibliotekarissedag hulle Strengthening Innovative Library Leaders (SILL) opleidingprogram voltooi.

Lees ook: Waarskuwings oor gevaarlike deinings uitgereik

Die groep was die vierde om die program te voltooi ná vyf weke se opleiding om hulle leierskap en innoverende vaardighede op te knap.  Volgens Stad Kaapstad gaan hierdie groep kreatiewe spasies, grafieseboekklubs en werkswinkels skep om jong inwoners te help floreer in ’n kennis-gedrewe ekonomie.

Die burgemeesterskomiteelid van gemeenskapsdienste en gesondheid, rdl. Francine Higham, het die groep gelukgewens vir die voltooi van die program en het gesê hoe belangrik die rol van bibliotekarisse is om die stad en gemeenskap te help bou.

Bronne: City of Cape Town

Lees ook: Waarskuwings oor gevaarlike deinings uitgereik