Lees ook: Netanyahu sê besluit oor lasbrief is ‘anti-Semities’
VSA. – Die president van die VSA, Joe Biden, het die lasbrief teen Benjamin Netanyahu en Yoav Gallant “belaglik” genoem. Die Internasionale Strafhof het ’n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van Gallant, Netanyahu en Hamas-leier Mohammed Deif vir oorlogsmisdrywe.
Verskeie Europese lande het te kenne gegee hulle respekteer die hof se besluit. Die VK. het ook gesê dit respekteer die hof se onafhanklikheid.
Israel en Hamas het die aanklagtes ontken. Netanyahu het dit “anti-Semities” genoem.
Bronne: BBC, The Star, Evening Standard
Lees ook: Netanyahu sê besluit oor lasbrief is ‘anti-Semities’





